Jou sondes is vergewe, AL jou sondes.

Seun, jou sondes is jou vergewe! Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
Mark 2:5,11


Sonde, skuldgevoelens, veroordeling? Wat het dit te doen met `n verlamde man wat weer geloop het? Hoekom was dit so belangrik dat hierdie man eers moes hoor dat al sy sondes vergewe is, voordat hy gesond geword het?

Of as jy dink aan hoe heilig God is, is dit maklik om te dink dat jy vuil en onwaardig is. Sit jouself in hierdie verlamde man se skoene, dan sal jy sien hoe hy eintlik jou skoene aan gehad het.

Ons moet bietjie terug gaan in die geskiedenis om beter te verstaan hoe hierdie man gedink het. Hy het groot geword met die gedagte dat hy volkome aan die wet gehoorsaam moet wees sodat God hom kan seën. As hy nie heeltemal gehoorsaam was nie, kan hy nie seëning verwag nie, hy dink dat God hom nie sal gesond maak nie. Hy voel dat sy sonde hom diskwalifiseer om enige iets goeds van God te kry. Deut 28:1-2, 15.

Daarom val Jesus met die deur in die huis: “Seun, jou sondes is vergewe.” Kyk bietjie mooi na die sinnetjie, kort maar kragtig.

In die storm is jy regverdig.

Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie;.. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.
Jes 54:17

As ons nie weet dat ons geregverdig is nie, sal ons nie regtig die vrede wat ons met God het, kan geniet nie. As ons nie weet dat ons Here Jesus alles wat skeiding tussen ons en God gemaak het weg gevat het nie, sal ons nooit vrymoedigheid teenoor God hê nie. Daar sal altyd `n bietjie onsekerheid, selfs vrees wees dat God nog vir ons kwaad is. Of dalk mag iemand die versekering hê dat God nie vir hom kwaad is nie, in die algemeen. Maar hy mag dink dat God vir hom kwaad word oor spesifieke sondes. Dalk is God nie kwaad vir hom nie, dalk net teleurgesteld.

Wat ook al die negatiewe gedagtes is wat die mense dink God kan hê, is glad nie akkuraat nie.

God is Liefde

God is liefde. I Joh 4:8 en 16

Wanneer die woorde 'is' gebruik word, vertel dit vir ons hoe God IS. Hy is altyd so, sonder uitsondering. Hy hou nooit op om so te wees nie. Hy kan nie anders wees nie.

God is liefde.

Hier word ook nie gesê dat Hy liefde uitdeel nie. Nee, dis die beskrywing van die kern van wie Hy is. Dis nie dat Hy dit soms uitdeel, en ander kere nie uitdeel nie. God bestaan as liefde.

Vrede met God

Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus.
Rom 5:1

Saterdag oggende het ek baie keer na my ouers se kamer gehardloop en op hulle bed gespring. Dan het ek en my pa gestoei, omtrent totdat ontbyt reg was. Ek is seker dat jy ook sulke lekker herinneringe het van toe jy `n kind was.

`n Ander keer was nie so `n lekker herinnering nie. Ek het aangejaag en ek moes in die badkamer gaan wag het vir my pak slae. Dit was nooit `n lang wag nie, gewoonlik net totdat my pa of ma die paplepel gaan haal het.

Die besondere dag het ek pens en pootjies in die wasgoedmandjie geklim, en die wasgoed oor my gegooi. Hopelik sou hulle my nie kry nie. En hopelik sou hulle vergeet van die pak slae.

Eks dankbaar dat ek nie my verhouding met my ouers as vyandskap hoef te beskryf nie. Tog het elke mens op `n stadium in vyandskap met God geleef.

Die Bybel beskyf die sondige natuur van die mens as vyandskap met God. Rom 5:6, 8 en 10 beskryf die mens wat nie in Jesus glo nie as 'goddelose', 'sondaars' en 'vyande'. Maar dis nie waar die hoofstuk begin nie. Dit begin met die feit dat ons vrede het met God.

Die Herder se Hart.

Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.
Luk 15:6

Skaapboere het `n konstante battle teen roofdiere en vee diewe, droogtes en siektes. Ek het in die vakansie na matriek vir `n skaapboer in die karoo gaan werk. Hy het alles gedoen om sy skape te beskerm en te versorg.

Solank as wat daar skaapboere was, was daar gevare. Solank as wat daar gevare was, het herders alles gedoen om hulle skape net die beste gee. Hulle het selfs hulle eie lewe in gevaar gestel vir hulle skape. Dawid het `n leeu en `n beer aan gepak, net met die wapens wat hy destyds gehad het. (Selfs met vandag se gewere, is dit nogsteeds lewensgevaarlik om `n leeu of `n beer aan te pak.)

Reg deur die Bybel beskryf God Homself as die skaapboer en Hy beskryf ons as die skape.

Powered by OrdaSoft!