Gesels met Pa.

... laat julle begeertes in alles deur gebed bekend word by God... En die vrede van God, sal julle bewaar.
Fil 4:6 (verkort)

Nie lank terug nie, het ek en Rosemarie by vriende gaan kuier. Ons wou net saam War Room kyk en bietjie daaroor gesels. Ons was net na sewe die Vrydag aand daar. En toe ons ry kyk ons na die horlosie – dit was vier uur in die oggend. Verbaas oor waar die tyd staan, was ons nogsteeds nie uit gekuier nie.

Gebed is vir baie dominees en pastore `n ingewikkelde saak. Of dit lyk altans vir my so, as ek na preke oor gebed luister. Daar is die 5 of die 7 elemente van gebed, daar is die sinnetjies wat in elke gebed moet wees, en daar is die redes wat sal maak dat God nie na gebede luister nie. Sjoe, wat `n klomp reëls en regulasies. Nie alles daarvan is verkeerd nie, maar dit maak dit nogal intimiderend om te bid. Mense sien al klaar op daarteen om te bid, nog voordat hulle begin het.

In hierdie kort boodskappie wil ek die fokus daarop sit dat gebed iets baie eenvoudig is.

Gewas in die bloed van die Lam.

...al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu...

Jes 1:18

 

Witter as sneeu, ja, witter as sneeu. O was my en witter as sneeu sal ek wees.

Die Here het vanoggend in my gewone Bybel lees program, dieselfde boodskap gegee, uit twee verskillende verse. Ek bedoel, hoe buitengewoon is dit – Ek lees elke dag `n stukkie uit die Ou Testament, `n stukkie uit die Nuwe Testament, uit Psalms en `n versie of wat uit Spreuke.

Ek het uit Jesaja en uit die Psalms presies dieselfde boodskap gekry.

Jes 1:18 “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.”

Ps 51:9 “Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.”

Toe ek die versie uit Psalms lees, toe sit ek mooi regop en vra in my stilligheid: “Here, wat wil U vir my sê? Hierdie is baie bekende versie, wat mis ek?”

Geen antwoord. Niks, stilte. En na ontbyt was die twee versie al weer vergete.

Moeitelose Vrugte.

Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug, want sonder My kan julle niks doen nie.
Joh 15:5

Ek het al in die verlede `n paar preke gehoor hoe daar vir my vertel word om die vrugte te dra wat by die bekering pas. Maar sjoe, dit raak nogal moeilk. Elke keer wanneer ek `n goeie voorneme het dat hierdie vrugte nou na vore moet kom, hou dit net vir `n rukkie aan, dan gaan ek maar weer op die ou manier aan. Soos wat ek met verskillende mense gesels het, en ook my gemeentelede dop gehou het in die verlede, het ek gesien dat die vrugte maar net tydelik was.

Jare terug het ek self dit ook gepreek. Met groot oortuiging het ek vir my lidmate vertel dat hierdie en daardie goeters sonde is. Dan hou ek dop of hulle daarmee ophou. Sommiges het anders begin optree. Dan is ek baie in my skik. Hulle dra nou die vrugte wat by die bekering pas. Maar net om drie maande later te sien dat daardie vrugte weer weg is. Dan is ek vies vir daai klomp omdat hulle vergeet het wat ek gepreek het. Maar as ek dan eerlik na myself gekyk het, sien ek dat my voornemens baie keer nie eers 3 weke gehou het nie. Vies vir myself, want ek self dra nie eers daardie vrugte nie. Soveel vir 'practise what you preach'.

Dis was voordat ek gesien het waar die bron van hierdie vrugte is. Die lewensap wat vrugte na vore laat kom, is in die wynstok. Ons Here Jesus sê dat Hy die wynstok is. Sonder Hom kan ons niks doen nie. Niks nie. Self nie eers ons beste pogings of beste voornemens sal iets regkry sonder Jesus nie. `n Mens kan probeer om vrugte te dra, totdat hy blou is in sy gesig, niks sal gebeur nie.

Hier kry jy meer geloof.

Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. (NAV)
Rom 10:17

 

Die dissipels het een keer vir Jesus gevra: “Gee ons meer geloof.” Ek is seker dat jy ook soms so voel. Ek weet, ek voel ook soms so. Want oral waar ons lees, het geloof iewers `n vinger in die 'pie'. Dis deur geloof wat ons gered word, dis deur die geloof wat mense hulle gesondheid of ander wonderwerke ontvang het. Heb 11 vertel vir ons dat die geloofshelde hulle wonderwerke deur geloof ontvang het.

Dalk is jy vandag op daardie plek dat jy `n wonderwerk nodig het. Het `n dokter vir jou slegte nuus gegee? Wonder jy wat skeel met jou huwelik? Is jou tiener dogter `n handvol? Is jou baas dalk `n handvol? Trek jy jou hare uit jou kop omdat die projek waaraan jy werk net nie wil regkom nie? Wil jy ook uitroep: “Here, gee my meer geloof!”

`n Dans met jou Pa.

Volmaakte liefde verdryf vrees,
I Joh 4:18

 

Elevation Creative: Unconditionally from Steven & Holly Furtick on Vimeo.

Hierdie versie het vir baie lank nie regtig sin gemaak nie, ek het gesukkel om die verband tussen liefde en vrees te sien. Wat het hoogtevrees met liefde te doen? Of enige tipe bang-wees.

Dit was totdat ek een aand baie laat my worship musiek aan gesit het. Die heel laaste videoclip wat ek gekyk het, was die een hierbo. Kyk dit nou eers, voordat jy verder lees.

Laat ek die punt maak en dan verduidelik. Jou Pa wil net `n goeie tyd saam met jou hê. Hy wil saam met jou lag, met jou gesels, met jou uithang, jou bederf, jou seën, jou vriend wees, jou raadgewer wees, saam met jou huil, jou optel as jy val... Hy wil net hê dat julle twee `n lekker tyd het. Hy wil net by jou wees.

Jou Pa is die God van hemel en aarde, die Almagige, alomteenwoordig, alwetend, vol majesteit, groot en magtig. Ja, dis wie Hy is. Maar Hy is jou liefdevolle Pa.  Hy is onvoorwaardelik lief vir jou.

Powered by OrdaSoft!