Wat is `n genade gebaseerde kerk?

 

`n Genade gebaseerde kerk se fokus is om die wonderlike genade van God wat in Jesus Christus beskikbaar is voor op te stel. Jesus is die sentrale boodskap van die Bybel. Van die begin van Genesis reg deur tot by Openbaring gaan dit oor Jesus.

 

Pastoor Joseph Prince van New Creation Church (www.newcreation.org.sg) in Singapoer is die persoon wat die mees bekende prediker van hierdie genade boodskap. Pastoor Joshua McCauley van Redemption Church, Greenstone in Johannesburg (www.redemptionchurch.co.za) is `n plaaslike genade prediker. Julle kan gerus luister na hulle boodskappe. Beide hierdie manne het `n baie groot invloed gehad op my.

 

Kern waarhede:

  • God is Liefde, Hy is jou Pa.
  • Jesus is jou nuwe identiteit.
  • Jy is regverdig.
  • God se woede oor die sonde is op die kruis af gehandel.
  • God seën ons slegs uit genade.
  • Jy hoef niks by God te verdien nie.
  • Jy is heilig, jy is nie langer `n sondaar nie.
  • Ons dien God onder leiding van die Heilige Gees en deur die wet te onderhou nie.
  • Ons oorwin sonde deur op Jesus te fokus, en nie deur die wet te gehoorsaam nie.
  • Ons betrokkenheid in die kerk is uit die oorvloed in ons harte, volgens ons roeping, nie uit dwang nie.
  • Ons gee finansieël vir die kerk, omdat ons erken dat God ons voorsiener is.
  • Elke gelowige se redding is permanent, niks kan maak dat jy jou saligheid verloor nie.
  • Uit die oorvloed van God se genade is guns, gesondheid, rykdom, vrylik vir ons beskikbaar.

 

Al wat ons wil doen is om God se goedheid oop te vlek en wat dit alles vir jou beteken.

Powered by OrdaSoft!